Ek het die song “Imagine” oorspronklik geskryf om die visie van ‘n jeuggroep vas te vang in woorde. Soos wat ek daaroor begin bid het, het die Here vir my ‘n visie gegee vir ons land. Ek het donderwolke gesien wat begin saampak oor ‘n kurkdroë woestynland. Die grond was so droog dat dit diep gekraak was soos kleigrond word as dit droog word. Dit was vir my of die Here vir my in daardie oomblik gevra het: ”Sien jy die wolke? Sien jy die weerlig? Sien jy al die wolkbreuk wat ek voorberei vir dié woestynland?”
Ons land is ‘n woestynland. In ‘n tyd van nog groter onsekerheid oor die politieke toekoms, knaende infrastruktuur probleme, xenophobia en voortdurende misdaad, is dit so maklik om hoop te verloor. Ons probeer hard om nie negatief te word nie, ignoreer soms eerder die nuus as om te luister. Maar bid ons nog vir ons land? Vra ons nog vir God om Sy reën te stuur en glo ons dat Hy dit sal doen?
Ek is oortuig daarvan God wil hê ons moet weer begin hoop, begin droom saam met Hom. Weer begin bid vir Sy liefdesreën om te val in die woestynland. Ja, ek sal my hande uit my sakke haal en saam met God begin droom van ‘n land genees, ‘n land met hoop.
English translation:
I started writing the song, “Imagine” as a vision statement for a youth group. But the more I prayed about it, the more I became convinced that the vision God was imparting to me was for our country as a whole. While I prayed, God showed me dark gray rain clouds forming over a parched, cracked desert land. It had deep cracks like clay ground forms when it dries. It was as if God was asking me “Do you see the clouds? Do you see the lightning? Can you see the rainstorm I’m preparing for this desert land?” Continue reading