About

Carli Lessing is ’n worship leier en liedjieskrywer wat graag mense deur haar songs woorde wil gee om met die Here te praat. Of dit nou deur korporatiewe aanbidding is of oppad werk toe alleen met die CD in jou kar. Carli se derde CD, “Belofte van reën” is’n Junie 2011 vrygestel.

Carli se lof- en aanbiddingsliedjies vanaf haar eerste 2 CD’s “Veel meer” en “Wie is nog stil?” word in kerke regoor Suid-Afrika, Namibie en die SA gemeente in London en Birmingham (UK) gesing. Haar eerste CD, “Veel meer”, het geskiedenis gemaak toe dit in 2008 die eerste CD geword het waarvan al die liedere goedgekeur is vir gemeentesang deur FLAM (www.flam.co.za), die NG kerk se taakspan vir kontemporêre aanbiddingsmusiek.

Carli se liedjies is al ingesluit op kompilasie CD’s soos “Hoop vir ’n nasie”, “Aartappelgeloof” en “DKNT Gospel Lof!”. Haar liedjie “Alles nuut” is deur Rouchelle Liedeman op haar SAMA-benoemde album, “Nuwe begin” opgeneem in 2009. Dit verskyn ook op die lewendige CD/DVD van Gospel skouspel 2012, waar Rouchelle dit sing.

Carli en haar man, Cas bly saam met hulle 3 dogtertjies – Mia en Michelle (21maande) en Singe (3jaar) – in Linden, Johannesburg.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s